Liesl du Toit (nèè Kriel) is ‘n Afrikaanse sangeres. Sy het aanvanklik as lid van die populêre groep Shine4 opgetree. Haar debuut solo-album, Stukkie van jou Hart is in 2010 vrygestel.
Sy het die meeste van die snitte op haar debuutalbum self geskryf (10 snitte self geskryf, 2 is deur ander skrywers). Du Toit het in 2013 in die Afrikaanse musiekblyspel “Pretville” die rol van die verpleegster, Santjie gespeel.
Musiek loop diep in die are van LIESL DU TOIT, en haar reeds bekende gesig is die afgelope paar jaar oral op televisie en in teaters landwyd gesien. Na haar 7 jaar sukses-lopie as deel van die uiters populêre groep SHINE4, het die vier lede besluit om elk sy eie nuwe rigting in te slaan. Liesl se liefde vir Afrikaans en musiek het haar geïnspireer om die groot stap te neem en haar debuut-album bekend te stel.
Stukkie van jou Hart is ʼn album waarvan die kwaliteit, oorspronklikheid en afronding waarmee die produksie
Continue reading…